Jessica Crawford se teddiebeer, Whitey, was altyd aan haar sy. Maar soos sy ouer geword het, het Whitey ook agteruitgegaan: Sy ogies het uitgeval, hy het sy neus verloor en ’n hond het sy oor afgekou. Arme Whitey, wat later ook in twee geskeur is, is in ’n boks weggepak en Jessica het heeltemal van hom vergeet.

“Ek het ’n maand lank navorsing gedoen en na meer as 10 000 ou teddiebere op die internet gekyk tot ek genoeg leidrade opgespoor het om Whitey weer op te bou,” verduidelik Vas.

Whitey was ’n geskenk aan Jessica se ma op haar ooievaarstee. Vas het die vernielde teddiebeer na ’n plaaslike “teddiebeerhospitaal” gebring, waar hy ’n week in die “operasiesaal” deurgebring het.

Jessica is oorweldig deur dié sentimentele Kersgeskenk. “Ek het aan hom geruik en dadelik geweet wat dit is,” sê sy in die video wat Vas op YouTube deel.

Kyk die video hier:

Bronne: abclocal.go.com, YouTube, Huffington Post