Cao Fang, ’n 28-jarige vrou van China, het sowat ’n maand gelede van ’n pyn in haar gesig begin kla – en toe agtergekom dis weens ’n tand wat reg onder haar oog groei!

Die kwaai steekpyn is glo vererger elke keer dat Cao harde kos, veral appels, gekou het. Dokters het haar aanvanklik aangeraai om sagter kos te eet. Maar tevergeefs. Die pyn wou net nie weggaan nie.

Dis toe dat dokters haar aanraai aan om die ongewenste tand te laat verwyder. Hulle het ook bepaal dat dit haar sig kon affekteer as dit sou aanhou groei.

Dr. Lin, Cao se dokter, het verduidelik die tand is waarskynlik ’n oorblyfsel van ’n groeiende melktand. Dit kan wees dat die tand nooit uitgeval het nie en net aanhou groei het, maar in die verkeerde rigting.

Die Daily Mail berig haar dokters het ’n snytjie aan die kant van haar gesig gemaak en die tand verwyder.

Volgens kenners aan Cambridge se Universiteitshospitaal word dit ’n beklemde tand genoem. Dit is wanneer ’n tand nie in die regte posisie groei nie en onder die normale tandvleislyn gehou word.

Volgens dié hospitaal kan dit ontsteking, tandvleissiekte of selfs tandheelkundige siste veroorsaak as dit nie betyds behandel word nie.

Bronne: Daily Mail, People’s Daily Online