Valbona Yzeiraj het tussen laat 2012 en die winter van 2013 onder meer tande getrek, wortelkanale uitgevoer en inspuitings toegedien aan pasiënte.
Die wortelkanaal van ’n pasiënt wat sy behandel het, het ontsteek en ’n ander ervaar steeds pyn twee jaar ná die behandeling.
Sy beweer dat sy in haar vaderland, Albanië, opgelei is as ’n tandarts, maar sy is nie gelisensieer in New York nie. Sy word onder meer aangekla weens vyf aanklagte van ongemagtigde uitvoer van ’n beroep, vier aanklagte van aanranding en drie van mense se lewe roekeloos in gevaar stel. Die wortelkanaal van ’n pasiënt wat sy behandel het, het ontsteek en ’n ander ervaar steeds pyn twee jaar ná die behandeling.

Sy het haar voorgedoen as ’n tandarts in dr. Jeffrey Schoengold se praktyk, Ultimate Dental Care of Riverdale, in Bronx, terwyl hy met verlof was.

Toe Jeffrey uitvind, het hy haar afgedank en sy het probeer om amper R240 000 van hom te steel.

Haar borgtog is op sowat R240 000 vasgestel en sy word verbied om naby enige tandheelkundige praktyk te kom. As sy skuldig bevind word, kan sy tot sewe jaar tronkstraf opgelê word.

Bronne: Yahoo News, AP, Twitter,