Nie haar onderarmhare, hare op haar maag, ken, bo-lip of wenkbroue nie en net partykeer haar beenhare.

En nou nooi Yasmin Gasimova (19) vroue van oor die wêreld om dieselfde te doen.
Yasmin meen sy voel “vryer” as sy nie haar beenhare skeer nie. Sy hou wel haar ooghare in toom.

“In ’n samelewing waarin van vroue verwag word om gereeld te skeer, is ek nie skaam om te erken dat ek dit nie doen nie. Daar is niks skrikwekkends daaraan om harig te wees nie,” het sy in ’n artikel in die studentekoerant The Tab geskryf.

Yasmin, oorspronklik van Reading, Engeland, is ’n eerstejaarstudent in rekenaarwetenskappe en filosofie. Sy erken sy skeer net haar beenhare wanneer sy met ’n man ’n afspraak het vir die aand, maar andersins het sy die afgelope agt jaar geen hare op haar lyf geskeer nie.

“Ek hou net die hare op my gesig in toom en miskien dié rondom my bikinilyn, maar op ’n normale dag sal jy my bos onderarmhare sien en my lang beenhare.”

Als het begin toe Yasmin net 10 jaar oud was en haar skoolvriende haar geboelie het oor die hare wat op haar bolip groei.

“Ek het natuurlike, dik en donker hare oor my lyf wat baie vinnig groei. Eers het ek alles, ook dié op my maag, probeer afskeer. Maar dit het my ’n uur gekos om van alle hare ontslae te raak en dan het knoppies ontstaan en die hare het ingegroei. En dit het in elk geval binne minder as ’n week teruggegroei,” vertel sy.

Yasmin meen sy voel “vryer” as sy nie haar beenhare skeer nie. Sy hou wel haar ooghare in toom.

“Ek was nog altyd selfbewus oor die hare op my lyf, maar nou aanvaar ek dit en leef my harige lyf uit.

“As ek skeer, is dit in baie, baie uitsonderlike gevalle, soos wanneer ek op vakansie gaan of ’n man vir die aand probeer kry.”

Nou wil Yasmin hê ander vroue moet ook hul harige lywe aanvaar.

“As mans hul baard groei, word hulle as manliker beskou. Maar die samelewing het besluit vroue, wat net soveeel hare as mans het, net dunner en ligter, moet heeltemal haarloos wees om werklik vroulik te wees.

“Ek glo niks aan ’n vrou se natuurlike liggaam moet haar minder vrou laat voel nie. Daar is niks vuils omtrent liggaamshare nie. Hare is ’n werklikheid op ’n vrou se liggaam en ons moet ophou om dit weg te steek.”

Bronne: Mirror, Inquisitr, Wdish