Volgens ER24 het paramedici sowat 05:15 op die vragmotor afgekom waar dit langs die pad op sy dak gelê het.

Dit het nooddienste ongeveer twee uur geneem om die vyf mense met gespesialiseerde toerusting uit die wrak te bevry. 

Binne die wrak is die lyke van ’n vrou en twee kinders gevind.

In die wrak is die lyke van ’n vrou en twee kinders gevind. Die vrou, agtjarige seun en 10-jarige meisie het almal noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. 

’n Man en nog ’n vrou het veelvuldige beserings opgedoen, en paramedici moes gevorderde lewensondersteunende stappe op hulle toepas.

Albei is in ’n kritieke toestand na die Pelonomi Provinsiale Hospitaal gehaas vir nog sorg. 

Die polisie was op die toneel en ondersoek die oorsaak van die ongeluk.