Lesley Cusack het na bewering ’n slaapverwante eetsteurnis wat maak dat sy snags onwillekeurig sowat 10 500 kilojoules verorber.

Cusack sukkel al 30 jaar met dié vreemde steurnis wat maak dat sy snags in haar slaap aan seep, verf en selfs rou aartappels knibbel.

“Ek’t al als probeer om dit te keer en het selfs ’n alarm aan my slaapkamer se deur gesit, maar niks werk nie. Ek’t al ’n tand gebreek en ek weet vroeër of later gaan iets baie ernstigs skeefloop,” het Cusack aan die Daily Mirror gesê.

Volgens dr. Paul Reading, die voorsitter van die Britse slaapvereniging, is dit nie ongewoon dat mense met ’n slaapsteurnis eet of selfs kos maak wanneer hulle die diepslaapfase binnegaan nie.

-Bang Showbizz