Georgi Readman oorleef op nege pakkies noedels per week en soms eet sy dit selfs rou.

Die 18-jarige ly aan selektiewe eetsteurnis sodat sy vrees om ander kosse te eet, maar sy is nou ook bekommerd oor haar gesondheid.

“Ek is mal oor noedels. My ma gaan winkels toe en bring soveel pakkies as wat sy kan kry. Gelukkig kos dit net R1,50 per pakkie,” sê Georgi.

“Maar my droom is om gesond te begin eet en gewig aan te sit.”

- Bang Showbiz