’n Ma van vyf het haar vreemde obsessie onthul – sy eet elke dag ’n rolletjie toiletpapier. Jade Sylvester, ’n 25-jarige van die Verenigde Koninkryk, het tydens ’n onlangse swangerskap dié vreemde kosdrang ontwikkel.

[caption id="attachment_90477" align="aligncenter" width="600"]Dié ma smul daagliks aan ’n rolletjie toiletpapier. Dié ma smul daagliks aan ’n rolletjie toiletpapier.[/caption]

Nou, 15 maande ná die geboorte van haar jongste seun, Jaxon, het sy gebieg sy smul daagliks aan minstens een toiletpapier-rolletjie.

Sy het in onderhoude gesê sy het geen idee hoekom sy toiletpapier wil eet nie. Sy kan haarnet nie meer keer nie.

“Ek hou meer van die tekstuur in my mond as die smaak. Ek hou van die droogheid,” het sy gesê.

“My familie sê dit is nie baie goed vir my nie, maar ek kan dit nie verhelp nie.”

So vreemd soos dit dalk klink, is Jade nie al een wat aan die vreemde verslawing ly nie.

Die TV-program My Strange Addiction op TLC wys ook Kesha, ’n Amerikaanse vrou wat ook toiletpapier geëet het. Kyk bietjie hier:

- Janine Nel

Bron: mirror.co.uk