’n Tsjeggiese vrou het in ’n kits bekend geraak nadat ’n video waarop dit lyk of sy ’n pint bier deur haar oor drink, soos ’n veldbrand op die internet versprei het.

’n Video van die ongelooflike toneel is op die Tsjeggiese bierfees se Facebook-blad gelaai en is nou al meer as 200 000 keer gekyk.

’n Mens kan sien hoe sit ’n vrou een punt van ’n strooitjie in haar bier en die ander in haar oor voor sy van die drank opsuig.

Verskeie mense meen egter die video is geposeer.