Garrith Jamieson, Rescue Care-woordvoerder, het gesê ’n vragmotorbestuurder het die vrou se lyk naby Spaghetti Junction, oftewel die EB Cloete-wisselaar, gevind.

“Sy het ’n enkele skietwond aan haar bolyf gehad. Sy is op die toneel dood verklaar.”

Lt.kol. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n saak van moord sal geopen word. Die motief vir die moord is nog onbekend.

Bron: news24.com