Paramedici het in ’n verklaring bevestig dat die vrou, wat vermoedelik in haar vyftigerjare was, deur ’n motor omgery is. Die bestuurder van hierdie motor het na bewering van die toneel weggejaag.

"’n Tweede motor en ’n bakkie het haar toe getref," sê die verklaring verder.

Daar was niks wat paramedici vir die vrou kon doen toe hulle op die toneel aankom nie. Haar beserings was te ernstig.

Volgens Netwerk24 het die bakkie teen ’n wal omgeslaan. Die bestuurder van die bakkie het ligte beserings opgedoen, maar geweier om behandeling te ontvang.

Dit is nog onduidelik hoe die ongeluk gebeur het.

Bron: News24; Netwerk24