AMANZIMTOTI -

Haar 30-jarige man is tans ’n voortvlugtige met die polisie wat ’n wye net gespan het in ’n poging om hom vas te trek.

Volgens berigte het die slagoffer, Letshego Nteke Mohoasa, se man die handgrenate na haar gegooi na afloop van ’n hewige argument.

“Na bewering was die verdagte om 01:45 alleen saam sy vrou in hulle huis toe hulle ’n argument gehad het. Die verdagte het toe twee handgranate na haar gegooi en een het ontplof en haar beseer,” het die polisie se woordvoerder Majoor Thulani Zwane gesê.

“Sy is hospitaal toe geneem waar sy later aan haar beserings beswyk het,” het hy bygevoeg. ’n Saak van moord is toe geopen.

Die ontploffing het ’n gedeelte van die huis verwoes. Die polisie se forensiese span het die huis gefynkam vir die oorblywende granaat wat nie ontplof het nie sowel as ander bewyse. ’n Groot deel van die straat is ook afgesper.

Thulani hou vol hoewel daar na die vrou se man gesoek word, is daar nog nie ’n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik nie.

’n Anonieme bron vanuit die polisie wat nie regstreeks met die pers mag praat nie, het gesê die verdagte mag dalk ’n aktiewe lid van die Suid-Afrikaanse weermag wees.

Lees meer hier.

Bron: News24