Julie McCabe (39), ’n ma van twee, het haar dokters tussen 2005 en 2011 sowat 20 keer besoek. Die simptome waaraan sy gely het, het ’n uitslag aan haar nek en kopvel, jeukende en ontsteekte oë en ’n geswolle tong ingesluit.

Die dokters het op hul beurt rome voorgeskryf om die simptome te genees, maar hulle het nie die allergie-diagnose in haar mediese lêer in aanmerking geneem nie.

Julie het gevolglik voortgegaan om die haarkleurmiddel te gebruik tot sy las gekry het van ’n anafilaktiese reaksie. Dis ’n hewige allergiese reaksie wat skielik ontstaan en wat ’n lewensgevaarlike reaksie veroorsaak wat die hele liggaam betrek. Dit kan aanleiding gee tot moeilike asemhaling en skok, wat tot die dood lei.

Haar man, Russell McCabe (47), onthou die noodlottige dag toe sy geskree het van pyn nadat sy die haarkleurmiddel uitgewas het.

“Ek het buitentoe gegaan en Julie op haar hande en knieë op die oprit gesien, terwyl sy na haar asem snak. Ek het gedink dit was net ’n hewige asma-aanval.”

Hy het ook onthou hoe beangs sy vrou was.

“Russell, ek kry nie asem nie. Ek dink ek gaan dood,” het sy na bewering gesê.

Die anafilaktiese reaksie het tot breinskade gelei. Sy het eindelik in 2011 in ’n koma gegaan en is op 30 November 2012 aan akute kardio-asemhalingstilstand dood.

“Dit is vir my ondenkbaar dat, met die getal dokters wat sy gespreek het in ag genome, niemand haar aangeraai het om op te hou om die haarkleurmiddel te gebruik nie,“ het dr. Sean Emmott, ’n senior vennoot in die praktyk, gesê.

Haar familie blameer die chemikalie parafenileendiamien (PPD) vir haar reaksie. PPD is ’n chemikalie wat wyd gebruik word in permanente haarkleurmiddels en hennatatoeëring.

Die geregtelike doodsondersoek duur voort.

Bronne: medicinehealth.com, mirror.co.uk, nydailynews.com