Wie van ons sou nie dieselfde gedoen het nie?

Soos gesien kan word in hierdie video, was die hond verbouereerd en vasgekeer op die spoor.

Die vrou het eers seker gemaak alles is veilig voor sy tot op die treinspoor gespring het en die hond gehelp het.

Plaaslike media het haar geloof vir haar heldedaad, maar die owerheid van Lima Metro is nie ewe beïndruk nie. Dit is verbode om die treinspoor te betree.

Volgens hulle is alle beweging op die treinspoor onmiddellik gestaak toe hulle van die hond hoor.

Die vrou moes dus net “vertrou het dat ons ons werk sou doen in plaas daarvan om die reëls te oortree”, het ’n amptenaar laat hoor.

Boetes en moontlike vervolging staar haar in die gesig.

Dis mos nie hoe ’n mens ’n heldedaad beloon nie . . .

Bronne: www.lifewithdogs.tv; www.onegreenplanet.org