’n Vrou het ’n internetsensasie geword nadat sy vir haarself met Lego ’n kunsbeen gebou en ’n video daarvan op YouTube geplaas het.

Christina Stevens het haar been in ’n fratsongeluk verloor nadat haar voet verbrysel is toe sy haar motor se remme laat vervang. Toe ’n pel grappenderwys sê sy moet vir haarself ’n kunsbeen bou uit Lego, het sy die uitdaging aanvaar.

Christina (31) het ’n video van die proses op YouTube gelaai en in minder as ’n maand het meer as 895 000 mense daarna gekyk.

Heelparty mense is beïndruk met die ontwerp. Een het selfs gesê: “Sjoe, jy is ongelooflik! Niemand sal daai been kan vernietig nie!”

Hier's die video: