[caption id="attachment_160119" align="alignnone" width="600"]Foto: Instagram Foto: Instagram[/caption]
Emma Hulse het aan The Evening Standard gesê sy is huis toe gestuur nadat sy net vyf minute van haar skof van agt uur gewerk het. Sy was ’n loper vir die maatskappy Unit TV in Soho. Die ergste? Nadat haar lynbestuurder haar in die pad gesteek het, het hy haar glo gevra om saam met hom ’n drankie te gaan drink.
“Ons was veronderstel om sesuur die aand klaar te maak. Ek was om halftien die oggend daar. Toe ek daar kom, het ’n ander loper vir my begin verduidelik wat ek moet doen,” het die slanke brunet aan die agentskap gesê. “Toe stuur hulle my uit, maar net daarna stuur my agent toe vir my ’n teksboodskap dat my dienste nie meer nodig is nie. Ek is terug soontoe en het met die lynbestuurder gepraat. Hy het gevra: ‘Is jy ’n model? Werk jy nie op loopplanke nie? Hoekom is jy nie in die voorportaal nie?’”

A post shared by Emma Hulse (@hulseemma) on

Sy beweer die bestuurder het toe haar telefoonnommer gevra en haar genooi om saam met hom ’n drankie te gaan drink. “Ek het lipstiffie gedra, maar was myns insiens nie onvanpas nie. Ek het ’n hemp en langbroek aangehad. Ek dink regtig nie ek het onvanpas gelyk nie.”

A post shared by Emma Hulse (@hulseemma) on

Emma sê sy is teleurgesteld dat sy huis toe gestuur is. “Dalk neem die onderneming mense in diens wat gewoon lyk, en as jy nie so lyk nie, aanvaar hulle jou dalk nie. Dalk was ek ’n afleiding.”

Maar die eienaar van Unit TV, Adam Luckwell, sê Emma is ná ’n proeftydperk van drie maande afgedank. “Ons was oor ’n paar dinge ontevrede.”

Bronne: Standard.co.uk, Dailymail.co.uk, Mirror.co.uk