Deesdae raak YouTube-poetse ál belagliker; dus is dit lekker om te sien hoe ’n poetsbakker ’n bietjie van sy eie medisyne kry. En in hierdie geval is die medisyne pepersproei.

Erik Meldik, een helfte van die Viral Brothers, het verskeie video’s gemaak waarin hy sy meisie met ’n slap riem vang.

Sy het eindelik wraak geneem en sy toiletrol met pepersproei gespuit en die pynlike gevolge op video vasgevang.

Daar is seker min mense op aarde wat weet hoe dit voel om pepersproei op daardie deel van hul anatomie te voel, maar dit lyk nogal asof dit taamlik ongemaklik kan wees.

Die arme man kan net gil en in die stort klim, terwyl sy meisie uit haar maag lag en alles op video vaslê. Die video is al meer as 4,4 miljoen keer op YouTube gekyk.