’n Vrou in Engeland is met R1 917 beboet nadat sy ’n piesang afgeskil het terwyl sy werk toe bestuur het berig Daily Mail.

Die polisie het Elsa Harris (45) afgetrek toe hulle haar sien eet op die pad wat volgens haar stilgestaan het weens die verkeer. Sy beweer sy’t reeds die piesang by die huis afgeskil voor sy die pad gevat het, en het net ’n klein stukkie van die vel verwyder.

Sy sê sy het net haar hande vir ’n kort rukkie van die wiel afgehaal terwyl die motor stilgestaan het.

Volgens haar het die polisiebeampte gesê sy’t bestuur sonder dat haar hande op die stuurwiel was en dat sy ’n gevaar vir die ander bestuurders was.

’n Woordvoerder van die polisie in Dorset het gesê die polisiemag is toegewy daaraan om “die aantal sterftes op Dorset se paaie te verminder”.