Napat Phenthong het erken dat die 1,5 t kondome aan haar behoort het. Sy is toe aangekla weens die opberging van gevaarlike afval.

Napat het gesê sy het die foutiewe kondome by ’n fabriek gekoop en dit op die grond drooggemaak sodat sy dit aan ’n herwinningsfabriek kon verkoop.

Volgens die koerant Matichon het die kondome 30,000 baht (ongeveer R11 500) gekos en het dit ’n jaar lank buite gelê.