5:00pm 13/05/2013

’n Vrou van 105 sê die feit dat sy spekvleis eet, is die hoofrede waarom sy so lank leef.

Pearl Cantrell, wat al drie van haar sewe kinders oorleef het, eet dié varkvleisproduk met “elke maaltyd” en skryf haar lang lewe daaraan toe.

Sy het vir die Amerikaanse TV-netwerk KRBC gesê: “Ek is dol oor spekvleis. Ek kan dit met elke maaltyd eet, en ek doen dit!

“Ek het altyd tot middagete op die landerye gaan werk, by die huis kom middagete maak, en dan weer tot aandete op die landerye gaan werk.”