Kaapstad –

'n Vriend van Stuart het ’n haai in die water agter hom gesien toe hulle sowat 50 m van die strand af was, sê die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI).

“Hy het die haai agter hulle gesien en toe in die rigting van die rotste koers gekies,” het die NSRI-woordvoerder Craig Lambinon gesê.

Die plaaslike branderryer Jonathan Gersch (46) van Nuweland, Kaapstad, was ook toe in die water sowat 20 m van Stuart af. Stuart sterk in die hospitaal in George aan ná die haaiaanval Sondag by Morrisrif in Stilbaai.

Jonathan het die haai agter Stuart en nog ’n vriend, Petro van Nierop (21), sien swem voor die roofdier onder die water verdwyn het.

“Toe hy by hulle by die rotse kom, het hy besef Stuart het bytmerke aan sy regterbeen en -bobeen en hy het sy branderplank gelos en Stuart uit die water tot op die rotse gehelp.”

Twee junior NSRI-vrywilligers, Arno Grewe (16) en Leon Combrinck (17), het hom bygestaan.

“Saam het hulle Stuart tot op die strand gekry . . . en saam het hulle die wonde aan Stuart se regterbeen en -bobeen verbind terwyl die NSRI-diensspan van Stillbaai in kennis gestel is.

“Al die betrokkenes is vriende. Hulle word almal vir hul optrede geprys,” het Craig bygevoeg.

Bron: News24