Vriendskap ken geen perke nie. Twee vriende  van Yorkshire, Engeland het visaas van hul afgestorwe vriend se as gemaak en hul grootste vis nog daarmee gevang.

Ron Hopper (64) was gediagnoseer met lewerkanker net voordat hy en sy twee vriende, Paul Fairbrass en Cliff Dale (albei 65), in April 2016 op ’n opwindende visvang-vakansie na Thailand sou gaan.

Ron, ’n mariene-ingenieur, is egter in Desember 2015 met aggresiewe lewerkanker gediagnoseer en dokters het hom net ’n paar weke gegee om te lewe.

Lees ook: Ouma Trys se Face Swap-avontuur gaan jou laat skater van die lag

Terwyl hy op sy sterfbed gelê het, het die trio besluit Paul en Cliff sal hul vriend se as na Thailand neem en ’n spesiale vis-aas daarmee maak.

“Ron het gedink dit was ’n briljante plan,” het Paul aan die Mirror gesê.

Ron is op 22 Desember dood en is drie weke later veras. Sy vrou, Judith, het die helfde van sy as gevat en dit by ’n strand in die Karibiese-see gestrooi.

Lees ook: Dié kombuiskotiljons voor die kospotte gaan jou aan die dans kry Paul en Cliff het die ander helfde van Ron se as gevat en ’n spesiale visaas gemaak wat hulle “Purple Ronnie” genoem het. En was dit nie ’n wen-resep nie! Tydens hul nege dae lange visvangvakansie het hulle verskeie visse gevang. Maar die hoogtepunt was toe hulle ’n 80kg Siamese karp – een van die grootstes in die wêreld – gevang het.

Paul en Cliff het drie uur geneem om die monstervis in te katrol, net om hom na die tyd weer lewendig terug in die meer te gooi.

“Dit was baie sleg vir ons dat Ron nie saam ons op die vakansie gaan nie, maar hy was beslis by ons toe ons die grooste vis nog gevang het,” het Paul gesê.

So het Cliff een van die monsterkarpe met ’n “Purple Ronnie” probeer wal toe bring:


Cliff playing a massive Carp by Linkbeef

Dit is glo die eerste keer wat ’n Siamese karp wat so groot is in daardie meer gevang is. Hy staan nou onder die plaaslike inwoners as “Ronnie” bekend.

Bronne: mirror.co.uk, mashable.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Die kietsie skrik g’n niks vir water en reis boonop om die wêreld!

Danksy berigte help weldoeners dodelike siek meisie by Rooi Kruis uitkom

‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk

Tweejarige seun skiet ma glo dood terwyl sy bestuur

Kyk net hoe oulik kap Kurt Darren se klein Kyrah dit uit!