Die hele Suid-Afrika was in rou toe die nuus bekend gemaak is dat die immergewilde akteur Zack du Plessis (60) skielik gesterf het.

Nou in die nuutste uitgawe van Huisgenoot (30 Junie 2011) gesels ons met sy vriende en kollegas in ‘n spesiale huldeblyk aan die akteur wat almal se hart gesteel het as Hendrik van Tonder in Orkney Snork Nie.

“Hy kon hom vreeslik vir homself vererg wanneer hy sy woorde vergeet,” onthou Willie Esterhuizen, ou vriend van Zack en bekende regisseur.

“Eenkeer het hy homself kliphard begin vloek en toe eers besef ons neem voor ’n ateljee gehoor op . . .

“Hy het altyd op dieselfde manier gegroet: met die hand, en dan sê hy: ‘Baai! As dit nie goed gaan nie, bel maar.’”

Lees in die nuutste uitgawe van Huisgenoot wat Alvin Bruinders te sê het oor Zack se loopbaan en kyk saam met ons terug na die hoogtepunte wat ons nooit sal vergeet nie.

Volg Huisgenoot op Twitter.