Volgens die Northcliff Melville Times het die polisie bevestig daar is tekens van ’n struweling in die huis. ’n Ooggetuie het melding gemaak van bloed wat op die toneel gesien is. ’n Gewapende roof is omstreeks halfnege aangemeld.

Die familie se motor, ’n Mercedes-Benz, word ook vermis.

Enigiemand met inligting word versoek om kapt. Kloppers van Sophiatown se polisiekantoor by 082-529-5253, 072-214-7439 of 083-389-4882 te kontak.

Maandagoggend het die polisie drie verbrande lyke in die veld naby ’n landgoed in Centurion gevind. Die gruvonds is gemaak toe plaaslike sekuriteitspersoneel ’n veldbrand probeer blus.

Die drie mense is vasgebind, gemuilband en aan die brand gesteek.

Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het gesê DNS-toetse sal gedoen word om die identiteit van die oorledenes vas te stel.

Bronne: northcliffmelvilletimes.co.za, timeslive.co.za, ewn.co.za