Zac se pelle is bang hy kom dieselfde oor as die Glee-akteur Cory Monteith (31), wat in Julie weens ’n oordosis dood is.

’n Bron het aan RadarOnline.com gesê: “Sy vriende is werklik bekommerd. As Zac dieselfde insinking as Cory Monteith ervaar, sal hy heel waarskynlik weer soveel dwelms gebruik soos voor sy behandeling. En dit sal hom doodmaak.”

Zac is nou glo dwelmvry en nugter. Vriende hoop hy los sy ou gewoontes, wat hom sedert 2011 agteruit laat gaan. Hy het sy verslawing glo weggesteek en is nie uitgevang nie.

Die bron het bygevoeg: “Hy het partytjie gehou omdat hy ongelukkig was en oor niks omgegee het nie.”

Zac (25) het goed gelyk by die onlangse première van sy rolprent Parkland by die internasionale filmfees in Toronto.