Nikki Jackman, die stigter van Up, verduidelik hoe dit alles tot stand gekom het: “Ek het Up in 2003 begin”, sê sy. “Nadat ek besluit het om my talente vir iets goeds aan te wend, het ek navorsing gedoen oor lagterapie en hospitaalhansworstery. Ek het gesien daar is ’n geleentheid om ekstra emosionele sorg te bring aan siek en getraumatiseerde kinders en Up is so in die lewe geroep”.

Hansworse word opgelei en werk dan by verskeie hospitale in die Wes-Kaap en Gauteng, waar hulle weekliks of maandeliks as groep besoek aflê. A Care-hanswors is die beste weergawe van jouself,” sê Jackman. “Dit is die kinderlike, liefderyke, onbevooroordeelde, verstommend kreatiewe en entoesiastiese wese wat diep omgee en vryelik gee.”

“Daar is wetenskaplik bewys dat hierdie soort emosionele ondersteuningswerk kinders help om te herstel,” sê sy. “Benewens die wetenskaplike sy daarvan, het ek al gesien en ervaar dat vreugdevolle saamspeel en saamlag ’n geskenk vir IEDER EN ELK is.”

Wanneer Jackman gevra word wat die mees inspirerende ding is wat ’n kind al vir haar gesê het, sê sy bloot: “Baie kleintjies sê ‘Ek is lief vir jou’ en dan hou ek hulle hand met een groot hand vas en sê dit dan uit die diepte van my hart vir hulle terug; en ek wens dat die hele mensdom dit kan doen.”

Daar is natuurlik uitdagings om Up te bestuur. Jackman noem dat bemarking en skakelwerk van haar grootste uitdagings is. “Ek droom van die dag wanneer mense ons naam sal ken, wanneer hulle vreugde sal dink, vreugde sal vind en hande sal uitsteek om deel te word van vreugdevolle oplossings vir die wêreld.” “Daar is soveel wonderlike maniere waarop mense ons kan ondersteun; jy kan deur Up opgelei word,” sê sy. “Jy kan jou span inspireer om korporatiewe maatskaplike investering te doen deur ons hansworsteryprogram te volg – stel jou voor jy gee ’n paar uur van jou lewe en deel jou vreugde! Jy kan ook ’n maandelikse of eenmalige bydrae gee. Alle bydraes help UP om nog Care-hansworse op te lei en vreugde te bring in hospitale en huise regdeur Suid-Afrika. Dit is Up se verhaal van hulp. As jy wil help:

Vir nog sulke stories besoek: http://www.blog.fnb.co.za/category/stories-of-help/