Prinses Diana se voormalige lyfwag het die hertogin van Cambridge gewaarsku om nie ná die baba se geboorte by haar ouerhuis in Berkshire te gaan bly nie weens vrese vir hul veiligheid.

Ken Wharfe het Catherine gewaarsku dis ’n groot risiko vir haar en die kind se veiligheid om by haar ouers, Michael en Carole Middleton, in hul huis van sowat R76 miljoen te gaan woon en dat dit die belastingbetaler “honderdduisende pond” gaan kos om die veiligheidsmaatreëls by die huis te verskerp.

“Die koste vir net ’n week sou honderdduisende pond beloop. As sy langer as dit daar bly, sal dit belastingbetalers beslis miljoene uit die sak jaag.”

Daar is voorheen berig dat Catherine (31) oorweeg om vir die eerste ses weke ná die geboorte by haar ouerhuis te bly. Ken, wat jare lank in beheer was van Diana se veiligheid voor haar dood in 1997, voel Catherine moet eerder by die veiliger Balmoral-landgoed bly nadat koningin Elizabeth haar en haar man, prins William (31), saamgenooi het daarheen.

Hou jy van die bloes wat Kate op die foto dra? Koop 'n soortgelyke een in ons aanlyn-modewinkel - KLIK HIER.