Kinders geniet hulle eie bakkies kos. Hierdie visdis is ideal vir ’n ligte aandete of selfs ontbyt as jy nie alweer lus is vir roereiers nie.

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: sowat 20 minute

Genoeg vir 4 klein porsies

  • 50 g cheddarkaas, gerasper
  • 100 g gestoomde vis, gevlok (salm, snoek of stokvis)
  • 1 klein rooi soetrissie, fyn gekap
  • 6 ekstragroot eiers
  • 2 ml sout
  • tamatiesous en roosterbroodvingers vir opdiening

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer 4 klein bakkies met kossproei of gesmelte botter. Meng die cheddarkaas, gevlokte vis en soetrissie en deel dit tussen die voorbereide bakkies. Klits die eiers en sout saam en giet dit oor die vismengsel. Gebruik ’n mes om dit liggies te roer. Bak 20 minute of tot gaar en sit voor saam met tamatiesous en roosterbroodvingers.