Die lokprent vir Jake Gyllenhaal se nuwe prent, Everest, wys al die sneeu, storms en ontberinge op die wêreld se hoogste piek soos nog nooit vantevore op die silwerdoek uitgebeeld nie.

Die fliek is gebasseer op die ware verhaal van agt bergklimmers wat in 1996 op Everest vasgekeer was.

Die groep het wel die kruin bereik, maar met hul terugkeer na die basiskamp daar skielik ’n skrikwekkende storm opgesteek.

Die lokprent wys die paniekbevange pogings van die stappers om dit weer lewendig tot onder te maak.

Jy kan natuurlik met ’n vinnige Google-soektog uitvind of hulle dit wel gemaak het al dan nie, maar dit ontneem geensins aan die vrese en spanning op die berg soos dit op die skerm uitgebeeld word nie.

Everest word eers in September vrygestel word maar ons raai jou aan om nie te gou jou wintersjas weg te pak nie. Jy mag dit dalk nodig kry as jy dié fliek gaan kyk.

Bronne: YouTube