Wonder bo wonder is niemand beseer toe die SkyWest Airlines-vlug met 43 passasiers aan boord “probleme“ aangemeld het tydens gereedmaking vir die landing nie.

Volgens KTLA, die plaaslike televisienetwerk, het die linkerkantste landingsmeganisme nie betyds ontplooi nie.

Videomateriaal vrygestel deur Sky5 wys hoe vonke van onder die vliegtuig se linkervlerk spat terwyl die tuig oor die aanloopbaan gly. Toe die vliegtuig uiteindelik tot stilstand kom, was noodvoertuie onmiddellik op die toneel.

Niemand aan boord van die vliegtuig is beseer nie. Die vlieguig, 'n Bombardier CRJ100, het van Monterey, Kalifornië, gevlieg en word bedryf deur United Express.