, ’n dag wat in die Westerse kultuur sinoniem geword het met slegte geluk en vrees.

Party mense is eenvoudig bang vir die syfer 13 (triskaidekafobie), maar volgens NPR is ’n vrees vir Vrydag die 13de ’n werklike, kliniese toestand, genaamd paraskevidekatriafobie.

Mense wat hieraan ly, vrees die dag so erg dat party weier om te vlieg, sakebesluite te neem of selfs geld op so ’n dag uit te gee.

Volgens National Geographic “gaan daar na raming $800 of $900 miljoen (tot R13 biljoen) in saketransaksies op dié dag verlore omdat mense nie wil vlieg of sake soos normaalweg doen nie”.

Daar is uiteenlopende stories oor die oorsprong van die bygeloof oor Vrydag die 13de. Sommige historici beweer die bygeloof het waarskynlik sy oorsprong in die Middeleeue of dit het dalk selfs ’n Bybelse oorsprong, volgens The Telegraph. Een van die gewildste legendes ten opsigte van die teëspoed wat Vrydag die 13de kan inhou, hou verband met gebeure op Vrydag 13 Oktober 1307.

"Die koning wou nie berg skuld betaal nie"

Op dié dag het koning Filippus IV van Frankryk beveel dat almal met bande met die Tempelridders in hegtenis geneem en tereggestel word sodat hy nie die berg skuld wat hy aan dié ridderlike orde verskuldig was, hoef te betaal nie.

Voor dit is Vrydag en die syfer 13 albei as ongelukkig beskou.

In Christelike tradisie word Goeie Vrydag onthou as die dag toe Jesus Christus gekruisig is. Sommige Bybelkenners meen Jesus se kruisiging het op ’n Vrydag die 13de gebeur.

Vandag word Vrydag die 13de algemeen vereenselwig met die Friday the 13th-fliekreeks met Jason en sy hokkiemaskers.

Vyf goed wat jy dalk nie oor Vrydag die 13de geweet het nie:

  1. Die sesde dag van die week, Vrydag, en die syfer 13 word elkeen op sigself as ongelukkig beskou, en wanneer dié twee saamgevoeg word, is dit dubbel so erg.
  2. Vrydag se plek as die ongelukkige dag is dalk versterk daardeur dat dit jare lank ’n teregstellingsdag vir misdadigers was, wat algemeen as Hangmans’s Day bekendgestaan het.
  3. Skandinawiërs het geglo 13 dui op slegte geluk omdat hul 13de mitologiese figuur, Loki, ’n bose een was wat groot ongelukkigheid in mense se lewe gebring het.
  4. Sommige sê priesters van patriargale gelowe het doelbewus die syfer 13 as sleg beskou omdat dit vroulikheid verteenwoordig het. Dertien stem ooreen met die getal maan (menstruele) siklusse per jaar en dié syfer is hooggeag in prehistoriese kulture wat godinne aanbid het.
  5. Hindoes het geglo die ongeluk gaan tref wanneer 13 mense op een plek bymekaarkom.

Bron: http://risenews.net newsshopper.co.uk