Van ’n pienk eend tot ’n reuse hand: Hier is ’n paar van die vreemdste standbeelde ter wêreld.

Die onderstebo beeld

ondersebo

Die 5 m hoë standbeeld van Charles La Trobe is geleë op die kampus van die La Trobe-universiteit in Melbourne, Australië.

Die beeldhouer Charles Robb het dié beeld onderstebo gemaak om ’n boodskap uit te stuur dat universiteite hul kop onderstebo moet draai vir ’n nuwe perspektief.

’n Man in die Guadalquivir-rivier

man in rivier

Die regering van Córdoba in Spanje het dit goedgedink om in 2007 ’n standbeeld op te rig om die verhouding tussen die Guadalquivir en die stad te simboliseer.

Die beeldhouers Rafael Cornejo en Francisco Martos het die 1,7 m hoë beeld aan ’n 2 t anker vasgemaak met ’n 12 m kabel.

hand

Die groot hand

Die Chileense beeldhouer Mario Irarrázabal het die 11 m hoë standbeeld Mano de Desierto in 1992 opgerig in die Atacama-woestyn in Chili.

Dit simboliseer menslike emosies soos onreg, eensaamheid, hulpeloosheid en hartseer.

Die ontwaking

Die ontwaking

Dié eienaardige standbeeld is in 1980 deur die beeldhouer John Seward Johnson in National Harbor in Maryland, VSA, opgerig.

Dit beeld ’n man uit wat onder die grond vasgevang is en sukkel om homself te bevry.

Die Duim

Duim

Die Franse beeldhouer César Baldaccini het dié 12 m hoë duim in 1965 in Parys geskep as ’n simbool van ryloop.

Pienk vark-eend

pienk eend

Dié 16 m hoë Posankka beeld in Turku, Finland, is in 1999 geskep as ’n huldeblyk aan die stad se kulturele tradisies.

BRONNE: OBVIOUSMAG.ORG, TRIPWIREMAGAZINE.COM, ATLASOBSCURA.COM