Drie dae lank het mense gepraat oor ’n vreemde stem in die muur. Min het hulle besef dis die stem van ’n 12-jarige seun wat daarin vasgekeer is.

Aduragbemi, oftewel Adu, Saka het naby ’n kafee in die Oduduwa-gebied in Nigerië gespeel toe hy in ’n gaping van sowat 30 cm tussen die muur en ’n huis val. Drie dae lank het hy gesing en huil in die hoop dat iemand hom sou hoor en kom red.

Een van die inwoners, Felicia Olaniyi, het glo haar bure gevra of hulle ook die vreemde stemme in die muur hoor.

Eers op die derde dag het iemand ’n leer gebring om die muur van nader te ondersoek.

Hulle het die arme stofbedekte en uigehongerde Adu opgespoor.

Die polisie het ’n byl gebruik om die muur stukkend te slaan sodat hulle Adu kon uitkry.

Wonder bo wonder het hy nie enige beserings opgedoen nie. Hy is veilig terug by sy ouma, wat na hom omsien.

Bronne: reportsafrique.com, metro.co.uk, dailymail.co.uk