Tegnologieblogs berig wanneer ’n spesifieke teksboodskap vanaf enige toestel na ’n iPhone gestuur word, veroorsaak dat dit die foon vries, afskakel en weer aanskakel – en in sommige gevalle kan sekere verbruikers steeds nie toegang tot die boodskappe kry tot die sender nog ’n teksboodskap stuur nie.
'Ons is bewus van die iMessage-kwessie wat deur ’n spesifieke reeks eenkode-karakters veroorsaak word en sal ’n regstelling daarvoor in ’n sagteware-bywerking beskikbaar stel.'

Die ontvanger kan ook die foon laat terugkeer na normaal deur op die sender vanaf ’n ander toestel te reageer, soos met ’n Mac of iPad met die iMessage-funksie, berig party webtuistes.

Die teksboodskap self is nie iets wat mense normaalweg sou skryf nie. As iemand dit na jou stuur, doen hulle dit waarskynlik met kwaadwillige bedoelings. Ons gaan nie die boodskap hier herhaal nie, maar dit bevat die woorde “effective,” “power,” en ’n rits karakters, insluitend Arabiese en Chinese letters.

Dis onduidelik of dit ’n toevallige virus of ’n faalveilige funksie is wat Apple so ontwerp het. Ons het Apple om kommentaar oor die kwessie genader en sal die storie bywerk. Party nuuswebtuistes het daarop gesinspeel dat die oorsaak van die virus ’n probleem is met hoe die iPhone Arabiese teks vertoon. Ongeag wat die oorsaak is, dit lyk of dit al klaar ’n gewilde en gevaarlike manier word om poetse te bak.

Apple het die volgende kommentaar oor die virus aan Fortune gestuur: “Ons is bewus van die iMessage-kwessie wat deur ’n spesifieke reeks eenkode-karakters veroorsaak word en sal ’n regstelling daarvoor in ’n sagteware-bywerking beskikbaar stel.”