BYNA ses jaar is verby sedert die pragtige en skrander Inge Lotz (22) in haar woonstel op Stellenbosch vermoor is – en skielik is dié grudaad weer op almal se lippe met haar vriend, Fred van der Vyver (28), nou weer in die Kaapse hooggeregshof.

Hy’s vrygespreek van haar moord; nou dagvaar hy die polisie vir R46 miljoen. Maar te midde van dié nuwe drama bly die groot vraag steeds: Wie het werklik vir Inge Lotz vyf jaar gelede vermoor?

Die twee spanne privaat speurders wat destyds deur Fred en Inge se gesinne aangestel is, het albei uit die staanspoor gesê daar is geen werklike bewyse teen Fred nie. En gesels jy met hulle, besef jy presies hoeveel leidrade eintlik nog braak lê vir ondersoek . . .

Veral een mens, blyk dit nou, sou die polisie nader wou bekyk – al is dit dan net om hom uit die prentjie te skakel.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 25 November 2010