waar hulle van hul beste vriendin afskeid moet neem, ’n bok vir sports, en hul staatmaker en inspirasie oor die jare . . .

Dis moeilik om te glo dat sy dit gedoen het, dat haar pragtige dogters vir wie sy so lief was, nie meer hier is nie.

Dis nie die Michelle wat hulle ken nie, maar hulle weet God verstaan en vergewe, en dis wat hulle in haar laaste oomblikke in gebed aan haar oordra.

Hulle glo sy het haar kinders se lewe geneem in haar oomblik van wanhoop toe alles net te veel geraak het. En dat sy nou, in haar sterwensoomblikke, êrens in haar binneste moet voel sy kan in vrede gaan, want hulle wag reeds by God vir haar.

En so sterf Michelle de Villiers (41) die Woensdag voor Paasnaweek net ná middernag nadat sy haar kinders en haarself die middag geskiet het.

Die drie sterftes ruk die rustige gemeenskap van De Doorns in die vallei aan die voetheuwels van die Matroosberge in die Boland tot in sy fondamente. Veral omdat die mense van dié dorpie die tragedie nie betyds sien aankom het nie . . .

Al die lekker kuier en braai saam met die vrou wat die geheime van hul wel en wee altyd so getrou in haar hart bewaar het, is vir ewig verby. Het hulle maar net besef hoe diep haar eie seer en wanhoop werklik was.

Van buite gesien, was sy die suksesvolle vrou met die talentvolle en mooi dogters, Ingrid (14) en Gisela (13), wat albei vir Boland tennis gespeel en ook in skoolwerk uitgeblink het.

Sy self het welslae behaal met ’n reeks sportklere wat sy ontwerp en wat bestellings van heinde en verre gelok het. Maar in haar binneste het sy alleen geworstel met die een finansiële en emosionele teleurstelling ná die ander.

Sy het reguit gesê niemand sal ooit so goed na haar kinders kan kyk as sy self nie. “Sy wou na God gaan,’’ sê ’n vriendin, “maar nie sonder haar kinders nie.’’

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 15 April 2010.

Bespreek vir Skouspel!