Twee jaar ná 'n rampspoedige ski-ongeluk Michael Schumacher in 'n koma laat beland het, het die Duitse tydskrif Bunte in Desember 2015 beweer dat die voormalige F1-wêreldkampioen in staat is om met hulp te loop.

Dieselfde tydskrif het ook beweer dat hy in staat is om een van sy arms te lig. Dié artikel is intussen van die internet verwyder.

Sabine Kehm, Michael se bestuurder, het destyds gesê dat die beweringe absoluut ongegrond is. Sy het die gissings as onverantwoordelik bestempel juis omdat privaatheid rondom die erns van sy beserings vir Michael van uiterste belang is. Ook dat sulke bewerings vals hoop vir soveel mense gee.

Tot nou toe is daar bitter min te wete rondom Michael se werklike toestand en herstel vanweë die geweldige streng beskerming van sy privaatheid.

Daar is intussen 'n hofsaak teen die tydskrif aanhangig gemaak. Felix Damm, wat Michael verteenwoordig, het die aard van sy beserings daarin uitgespel.

Michael se familie dagvaar die tydskrif nou vir ongeveer R623 632 tot R1,559 080 vir die skending van sy privaatheid.

Tydens sy verskyning in die Hamburgse hof Vrydag het Felis die Bunte-bewerings ten sterkste ontken en bevestig: "Hy kan nie loop nie."

Dié brokkie nuus is die eerste bykomende inligting nadat Luca di Montezemolo, Michael se voormalige baas by Ferrari, bekend gemaak het dat hy nuus het en dat dit ongelukkig nie goeie nuus is nie.

Volgens wat berig word, is daar glo tente rondom Michael se herehuis opgerig sodat hy in algehele privaatheid na buite geneem kan word sou hy so verkies. Michael se eerste borg en voormalige hoof van sportbemarking vir Mercedes, Gerd Krämer, het glo voorheen gesê dat slegs 'n wonderwerk Michael weer in die openbaar sal sien verskyn. Sy familie verskans hom geheel en al. Gerd het ook gesê: "25 Augustus 1991 was 'n spesiale dag en sal altyd so vir my bly. Dit was die beginpunt van die wêreldloopbaan van die renjaer van die eeu wat niemand sou kon voorspel nie." Hy sê Michael het sy debuut met 'n "bang" begin, en dis vinnig opgevolg deur die volgende een. Die res is geskiedenis."

A photo posted by Weber Richard (@richifiu) on

11 kitsfeite oor Michael Schumacher

1. Die Bunte was nie die enigste tydskrif wat misleidende artikels geskryf het nie. Ook De Aktuelle het foto's van 'n "gelukkige Michael in die son" geplaas. 2. Michael is op 3 Januarie 1969 gebore. Sy pa was Rolf Schumacher, 'n renstel-baanbestuurder en messelaar. Sy ma, Elizabeth, het by die renstelbaan gewerk. 3. Hy was vier toe hy agter die stuur van 'n renstel inskuif. Michael wen sy eerste klubkampioenskap toe hy ses jaar oud is. 4. Michael is in 1995 met Corinna (Besch) getrou.

5. Michael het 91 Grand Prix-oorwinnings (meer as enige ander F1-renjaer) en hy het 155 keer op die podium verskyn.
6. Hier is hy by die Ferrari F310 in Maranello, 1996. Dit was sy eerste seisoen in rooi en hy wen drie wedrenne.
7. In 2012 tree hy vir die tweede keer, dié keer finaal, uit.
8. Vier jaar later, in 2016 tree Felipe Massa uit, ook by Monza waar sy held 10 jaar gelede dieselfde gedoen het.
9. Tydens sy roemryke loopbaan het Michael heelwat noue ontkominge op die baan gehad.

10. Dit sou egter nie sy gedetermineerde, en soms roekelose, soeke na spoed op die renbaan wat sy lewe onherroeplik sou verander nie.

11. Op 29 Desember 2013 loop sake afgryslik skeef toe Michael sy kop teen 'n rots stamp tydens 'n ski-uitstappie.

Bronne: racingnews.co, bbc.com, itechpost.com, cnn.com