Minki van der Westhuizen maak gereed om vanjaar boere liefde te help vind. Dié gewese model is Woensdag aangewys as die nuwe aanbieder van die gewilde kykNET-reeks Boer soek ’n Vrou.

Maar dit kan uitdagend wees om duisende kilometers te reis en so ver weg te wees van alles en almal. Ons het die vorige drie aanbieders, Elma Postma, Angelique Gerber en Nadia Beukes, uitgevra oor hul topwenke vir Minki.

Nadia Beukes

[caption id="attachment_116026" align="alignnone" width="600"]Foto: KYKNET/FRANCOIS BOOYENS Foto: KYKNET/FRANCOIS BOOYENS[/caption]

“Baie geluk aan Minki. Ek glo sy gaan die avontuur geniet!” vertel Nadia. Haar drie topwenke is:

1. Pak genoeg warm klere. “Die winter op die plase kan besonders koud raak. Die boere dra tot twee kortbroeke op ’n slag!”

2. “Maak gereed vir heerlike geselsies met wonderlike mense en tye van stil wees wanneer jou selfoonsein soms in die stad agterbly.”

3. Pasop vir die pampoenkoekies. “Dit is verleidelik lekker en volop beskikbaar in die meeste van die plaaskombuise.”

Lees ook: Die boere én die kassie se gunstelingnooi nou van die mark af!

Elma Postma

[caption id="attachment_116027" align="alignnone" width="600"]Foto: DINO CODEVILLA Foto: DINO CODEVILLA[/caption]

“Wees jouself en geniet elke oomblik,” is Elma se raad. “Die pragtige natuur en vars lug is wonderlik. Sy sal moet sterk wees om nie al die heerlike kos te eet wat die vriendelike mense vir jou voorsit nie, want glo my, die boere kan lekker kos maak!”

Angelique Gerber

[caption id="attachment_116028" align="alignnone" width="600"]Foto: JUAN RICO Foto: JUAN RICO[/caption]

Angelique se drie wenke is:

1. Wees bewus van alles. “Neem alles in. Jy gaan die ongelooflikste mense ontmoet en van die mooiste dele van ons land sien.”

2. Bly so objektief moontlik. “Dis moeilik omdat jy alles voor jou sien afspeel en soms wil jy ingryp en die boer of meisie waarsku. Maar bly liewer objektief.”

3. Geniet die reis. “Die boere, die meisies en die produksiespan is almal wonderlik. Jy gaan nuwe vriende en vriendinne maak.”

– Joshua Carstens