Die polisie het hom op Ficksburg aangekeer.

Die man sal na verwagting Vrydag in die Bloemfonteinse handelsmisdaadhof verskyn op aanklagte van beweerde bedrog en korrupsie van R1,4 miljoen.

Kapt. S’fiso Nyakane, Valke-woordvoerder, het gesê die man het voet in die wind geslaan nadat hy daarvan bewus geword het dat die polisie hom soek.

“Die verdagte het na bewering met ’n diensverskaffer saamgewerk en met valse betalingseise vir ’n tender wat aan die diensverskaffer toegeken is, die departement uit R1,4 miljoen bedrieg.

“Daar is ook beslag gelê op vier selfone, ’n paspoort en ’n voertuig,” het Nykane bevestig.

Bron: news24.com