Amy (18) het op 19 Augustus 2016 ontsnap uit die Surry Hills Korrektiewe Dienste, waar sy aangehou is omdat sy “eiendomsmisdrywe” gepleeg het.

Op die foto’s wat die polisie versprei het in die hoop dat iemand haar sou herken, lyk die jong vrou van Sydney redelik afgerem en het sy ’n kombers oor haar lyf. Die plaaslike nuusagentskap 7News Sydney het een van die foto’s op Facebook geplaas.

Lees ook: Man wat sy meisie vermoor het plaas grafiese foto’s op die internet

Kort nadat hulle die plasing gedeel het, het Amy self daarop kommentaar gelewer – om aan te dui hoe ontevrede sy met die foto’s is. Ewe hulpvaardig het sy vir hulle ’n ander foto gestuur om te gebruik.

Die boodskap het gelui: “Kan julle hierdie foto gebruik, asseblief? En dankie. Die uwe, Amy Sharp xx.”

Lees ook: Aantreklike misdadiger gedoop ‘Hot Felon’ is slaggereed vir modelwees

Amy is kort daarna by die Glebe Wentwort-ark in hegtenis geneem en intussen ook aangekla van ontsnapping uit regmatige aanhouding.

Sy het Saterdag voor die Parramatta-borgtoghof verskyn.

Bronne: MailOnline.com, Q13fox.com, Buzzfeed.com, Facebook