Oor 'n paar dae is dit uiteindelik sulke tyd – die fluitjie blaas vir die afskop van die Fifa-wêreldbekersokkertoernooi van 2010 en Bafana Bafana draf teen Mexiko op die veld uit.

Ons het jare hiervoor gewerk, lank hierna uitgesien, soms naels gekou en gewonder of ons dit tog kan doen. En nou is alles agtermekaar en die groot oomblik hier, met net een vragie wat nog knaag – gaan ons span hul kant bring?

Natuurlik hoop die hele land Bafana sal kritici stil speel en die bal tot in die eindstryd skop. Of dan ten minste tot in die halfeindstryd ... Maar wat is die kans? Ons het besluit om die sokkerkenners vir ’n oomblik eenkant te skuif en te gaan aanklop by die mense wat sê hullekan sien wat vorentoe wag.

Die volgende mense gee hul voorspellings:

MARIETTA THEUNISSEN,

Spiritistiese medium van die TV-program Die Ander Kant

Bespreek vir Skouspel!

SHARON-ANN RILEY

Heldersiende medium en geestelike bemiddelaar van Kaapstad

MADEYI, oftewel Victoria Mtshengu

Sangoma van Khayelitsha buite Kaapstad

MAGEZA

’n Sangoma van Johannesburg

Lees hul voorspellings in die Huisgenoot van 3 Junie 2010