Daar is nog addisionele skietwerk wat volgende week gedoen gaan word, maar die filmspan en akteurs kan nou ná ’n maand se intense verfilming ontspan. Quentin Krog, die regisseur, is baie tevrede met die verfilming en is opgewonde om almal op 20 Maart volgende jaar te wys wat hulle met die ikoniese TV-reeks gedoen het.

Leon van Nierop, wat die oorspronklike draaiboek geskryf het, was gereeld by tydens verfilming. “Dit was vir my ’n lewensverrykende ervaring om gereeld op stel te wees en te sien hoe Quentin die tonele op film verewig presies soos ek dit in my kop gesien het toe ek dit skryf.”

Hier is solank ’n lusmakertjie met die sexy Armand Aucamp wat die rol van Jacques Rynhard vertolk:

- Suzanne Venter

ballade