Sowat 100 boere van oor die land het ingeskryf vir die derde seisoen van Boer Soek 'n Vrou.

Hierdie gewilde program is op 16 September terug op die kassie.

“Hulle is mans wat ernstig is oor hul boerdery en ’n passie het vir die bedryf,” sê Elma Postma, nou al vir die derde keer aanbieder van die reeks.

Ontmoet die 10 finaliste wat vanjaar die sjarmekrane gaan oopdraai en hopelik daardie spesiale vrou gaan nader trek.

DIE BOERE (foto's ook onderaan die blad)

KLEINTJIE (29) VAN HANOVER

Skaapboer

ERIK (31) VAN ROBERTSON

Boer met wingerd, olywe, appelkose en perskes

JACOBUS (30) VAN DIE WATERBERG

Boer met stoetbeeste, saadmielies, waatlemoene en vee

BENNIE (29) VAN DELAREYVILLE

Boer met skape, beeste, mielies, sonneblom en grondboontjies

KEITH (34) VAN WARTBURG

Boer met suiker, beeste, avokado’s en wild

FREDERICK (24) VAN BULTFONTEIN

Saaiboer

HANNES (24) VAN BRANDFORT

Boer met mielies, beeste en skape

RENIER (38) VAN SIMONDIUM

Boer met wyndruiwe, ’n angus-stoet en olywe

PIETER (25) VAN FRANKFORT

Saai- en wildboer

VLOK (32) VAN WELLINGTION

Wingerdboer