Viljoen het vyf jaar gevangenisstraf uitgedien nadat hy die rugbyspeler Morné Steyn uit R250 000 geswendel het.

Sy broer, Kallie, het Dinsdagmiddag op hom afgekom, berig Netwerk24. Op Facebook het medelye vir die voormalige rugbyspeler ingestroom.

“So hartseer, so geskok. Sien nou eers my oom Ernest Viljoen is Maandag oorlede. Ernest, jy was ’n ster. Niks kon jou onderkry nie,” skryf een van sy familielede, Anneline Goosen, op Facebook.

“RIV, my vriend, en sterkte aan die familie. Dankie vir die lekker gesels die afgelope weke,” skryf sy vriend André Gerber.

“Ek gaan ons geselse mis, my vriend. Jy was ’n ware Koningskind en ek is dankbaar vir die voorreg dat ons vriende kon wees. Sprei jou vlerke en vlieg hoog, my vriend. Vlieg hoog!”

In die tronk het Viljoen sy tyd as pastoor verwyl. Hy het ook ’n graad in teologie verwerf.

Viljoen sal na verwagting op Parys begrawe word. Hy laat sy vrou, Elzabi, en ’n dogter agter.

Bykomende bron: Netwerk24