Richard (47) en die The Grand Tour-span was besig om in ’n afgeleë gebied in Mosambiek te verfilm toe hy van sy motorfiets val en sy kop stamp. Volgens The Sun was hy bewusteloos, maar het bygekom nadat hy deur mediese personeel op die filmstel behandel is.

Jeremy Clarkson, sy mede-aanbieder, het bevestig Richard “het homself regtig baie erg beseer”.

Toe daar vir Jeremy gevra is of Richard in die hospitaal opgeneem is, het hy geantwoord: “Ons doen nie hospitale nie”.

Richard het elf jaar gelede ernstige breinbeserings opgedoen toe hy in ’n byna noodlottige ongeluk betrokke was tydens die verfilming van Top Gear. Hy het teen 463 km/h in ’n Vampire Jet gejaag toe die regtervoorwiel bars en die voertuig rol.

Bykomende bronne: The Telegraph, The Guardian