[caption id="attachment_164810" align="alignnone" width="594"]Mel B en haar man van wie sy nou gaan skei, Stephen Belafonte. Foto: Cover Mel B en haar man van wie sy nou gaan skei, Stephen Belafonte. Foto: Cover[/caption]

Die sangeres en televisiepersoonlikheid gaan skei van haar man, Stephen Belafonte, en voer onoorbrugbare verskille aan as rede.

Volgens die egskeidingsdokumente, wat TMZ in die hande gekry het, is die paartjie reeds einde Desember uitmekaar.

Mel B en Stephen is in Junie 2007 getroud. Hulle het ’n dogter, Madison (6).

Die Wannabe-sangeres vra vir gesamentlike toesig en sy het ook die hof gevra om enige onderhoudsgelde aan Stephen uit die weg te ruim. Dit is die ster se tweede huwelik wat misluk. Sy en haar eerste man, Jimmy Gulzar, is in 2000 uitmekaar. Mel B het einde verlede jaar met albei haar mans koppe gestamp, soveel so dat Jimmy vir haar en Stephen verkla het dat hulle hom verhoed om sy dogter, Phoenix, uit sy huwelik met Mel te sien. Hy het tydens ’n onderhoud met The sun onthul hy oorweeg dit om sy eie lewe te neem ná sy voormalige vrou sy lewe hel gemaak het in Los Angeles en haar huidige man hom by ’n skool "gedreig" het.

Hy het gesê "Mel is ’n narsissis. Sy het altyd probeer om ’n enorme muur tussen my en my kind te sit. Maar ek het soos ’n rots daar gestaan om daar te wees vir my kind. Ek dink net sy ag haar self as meer belangrik as haar kinders. Sy is beroemd en die enigste ding in haar gedagtes is 'Ek moet suksesvol wees,' en dis onkeerbaar."

Die voormalige Spice Girls-agtergronddanser het onthul hy is ’n wettige Amerikaanse burger en het glo uitgepraat omdat hy bekommerd was oor sy 17-jarige dogter aangesien sy byna ’n volwassene is.

"My grootste bekommernis is wanneer die beroemdheid stop, wat dan?" sê-vra Jimmy. "Ek is gelukkig as Mel werk het soos haar televisieprogram America's Got Talent, want as sy ’n gereelde inkomste het, is dit goed vir Phoenix."

© Cover Media