HeraldLive het Vrydagoggend berig Cheeky Watson is saam met nog drie mense, Nadia Gerwel, Andrea Wessels en Mandisa Mkaza, in hegtenis geneem. Hulle het Vrydag in die landdroshof in Port Elizabeth op aanklagte van bedrog en geldwassery verskyn. Die saak hou verband met die “ontduiking van verkrygingsprosesse” tussen onder meer die Nelson Mandela-munisipaliteit en die nasionale tesourie.
Cheeky het verlede maand as president van die OPRU uitgetree. Die unie het verlede jaar weens finansiële probleme begin swaarkry. Die unie word nou al vir byna ’n jaar deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) geadministreer, het Netwerk24 vroeër berig. Sport24 berig dat die unie se finansiële krisis van so ’n aard was dat die unie nie meer spelers se salarisse kon betaal nie.

Monde Tabata, wat die unie namens Saru administreer, het aan Huisgenoot gesê hy het vanoggend in die media daarvan bewus geword dat Cheeky in hegtenis geneem is.

Die saak is tot 3 Mei uitgestel.