Dit het Maandagmiddag bekend geword dat Krieket Suid-Afrika (KSA) verskeie klagte teen die spoedbouler aanhangig gemaak het. Protea- en Highveld Lions-speler Lonwabo Tsotsobe is Maandag amptelik van verskeie oortredings volgens die teen-korrupsiekode vir personeel aangekla.

Dit volg op ’n uitgerekte ondersoek wat in Oktober 2015 deur KSA se teen-korrupsie-eenheid van stapel gestuur is.

Vorige bevindings en skorsings is ingestel teen Gulam Bodi, Jean Symes, Pumi Matshikwe, Ethy Mbhalati, Thami Tsolekile en Alviro Petersen vir oortredings volgens die kode met betrekking tot die 2015 RAM SLAM T20-uitdaagreeks.

Die 31-jarige Tsotsobe word in kort onder meer van die volgende aangekla:

1. Die bewerkstelliging of andersins onbehoorlike beïnvloeding, of deel van ’n plan wat poog te knoei of om andersins onbehoorlike invloed uit te oefen, op ’n wedstryd of wedstryde in die 2015 RAM SLAM T20-uitdaagreeks;

2. Soeke na die aanvaarding van, of ooreenkom om omkoopgeld te aanvaar of deel te wees van ’n plan wat poog om ’n wedstryd te knoei of andersins onbehoorlik te beïnvloed, in wedstryd of wedstryde in die 2015 RAM SLAM T20-uitdaagreeks; 3. Nagelaat/misluk om die ontvangs van ’n geskenk of betaling wat hy weet, of behoort te geweet het, wat aan hom gegee is om die Kode te verbreek of dat hy hom onder omstandighede bevind het wat hom of die sport van krieket in gedrang te bring, bekend te maak; 4. Nagelaat/misluk om die aangewese teen-korrupsie beampte (sonder onnodige vertraging) die volle besonderhede of enige toenaderings of uitnodigings om aan korrupte gedrag volgens die kode daarvan in te lig. 5. Tot op hede was Tsotstobe nie onder enige vorm van skorsing nie. Volgens Artikel 4.7 van die kode, het KSA hom nou voorlopig geskors van wedstryde, afrigting of enige ander moontlike betrokkenheid in enige kapasiteit by enige wedstryd onder jurisdiksie van die Internasionale Kriekertraad of -lid betrokke te wees.

Bron: Sport24