A photo posted by melindabam (@melindabam) on

Dié 27-jarige skoonheid het skynbaar ’n versteekte belangstelling waarvan ons nie bewus was nie: ’n liefde vir teken en kuns. Melinda het ’n besonderse tekening van ’n Italiaanse windhond gedeel en verklap die gogga het haar nou weer gebyt.

A photo posted by melindabam (@melindabam) on

“So ek het weer tyd gehad om terug te keer na my liefde vir kuns!” het sy geskryf.

Lees ook: Dubbele dosis verjaardagvierings vir gewese Mej. en Mnr. SA!

Sy het die skets gemaak as verjaardaggeskenk vir ’n vriend.

Sy het ook gevra dat aanhangers voorstelle moet gee vir wat sy volgende kan skets.

Tog lyk dit of haar aanhangers meer beïndruk was met die feit dat sy so mooi teken dat hulle skoon vergeet het om voorstelle te los.

Lees ook: Twee van ons land se mooistes byeen in Monaco!

“So talentvol!” het een gesê. “Ongelooflik! Ek het nie geweet jy hou van kuns nie! Wow!” het ’n ander laat hoor.

Watter tekening dink julle kan die mooie Melinda volgende aandurf?