Liesl Laurie, ’n voormalige Mej. Suid-Afrika, was Donderdag in ’n gru-motorongeluk betrokke.

[caption id="attachment_125797" align="alignnone" width="600"]Liesl Laurie (Foto: Instagram) Liesl Laurie (Foto: Instagram)[/caption]

Na wat berig word, het ooggetuies op die toneel gedink geen mens sal lewend uit die wrak van die Mercedes Benz A-klas-motor kom nie.

Die ongeluk het op die N1-snelweg net voor die New Road-afrit in Midrand plaasgevind.

Dit wil voorkom of ’n motor in die Mercedes vasgery het waarna dit onder ’n vragmotor ingedwing is.

Groot was omstanders se verbasing dat Liesl by die agterruit van haar voertuig uitgekruip het. Ooggetuies het vertel Liesl het glo onbeheerbaar geruk na die ongeluk.

Lees ook: Blink toekoms wink vir Liesl Laurie ná onvergeetlike jaar as Mej. SA

Haar verteenwoordiger, Jarred Doyle, het die ongeluk oor die naweek aan die koerant Sunday World bevestig.

Na bewering is haar gesig ongeskonde, maar sy het geringe beserings aan haar arms en bene opgedoen. Nuus oor die ongeluk is aanvanklik stil gehou om te verhoed dat mense paniekerig raak oor haar welstand.

Lees ook: Mej SA Liesl Laurie oor dwelms en drome Liesel sterk tans tuis aan nadat sy aanvanklik in die hospitaal opgeneem is. Die skoonheid sal glo vir ’n tydjie uit die kollig bly om te herstel en die ongeluk te verwerk.